Tuesday, February 13, 2007

AARDVERWARMING

Die IPCC se stelling dat meer as 90% van aardverhitting die mens se toedoen is het die debat laat snewel en hierdie standpunt tot ideologie verhef. Die voordeel is dat daar nou baie navorsing geld sal wees en sir Richard Branson bewys dit. Die nadeel is dat die teorie nou bo debat verhef is en al hoe meer in klip gegrif sal word.

Soos met vele wetenskaplike dinge is die glashelder voorstelling ‘n illusie. Die sir beweer James Lovelock het hom oortuig ons is reeds deur ‘n ‘threshold'. James Lovelock is al lank een van my idols maar ek verstaan nie wat hy daarmee bedoel het nie. Wat wel waar is, is dat as ons deur ‘n sogenaamde ewewigs ‘threshold ‘ is dan is navorsing te laat. Let wel, ek ontken nie dat die mens oor die afgelope 40 000 jaar ‘n
geweldige impak op die omgewing gehaat het nie. Ek sê slegs dat 90% sekerheid om die invloed en gevolge te kwantifiseer is ego strelery.

Drie sinarios is moontlik en daar is geen manier om te sê watter een gaan gebeur nie.
1. Die sir-hulle is reg en die Aarde skud die ystydperk vir die soveelste keer af. Die keer gaan Gaia baie seerkry en ons is maar net deel van Gaia.
2. Gaia verhoed enige ernstige nagevolge en alles bly soos dit is. Vir al wat ons weet is ‘n bakterium reeds in die ruimte besig om ons gemors na iets beters toe te omskep. Die baterium kon natuurlik ontwikkel het omdat ons gemors ‘n geleentheid geskep het - ‘n attraktor - wat net potensiaal ontsluit. Of die sir se pryswenner gebruik nanotegnologie om so ‘n bakteruim te skep.
3. Ons gaan binne ‘n paar dekades in ‘n volbloed ystydperk in. Daar is ‘n lang maar baie goeie argument voor uit te maak.
Feit is al bogenoemde is ewe moontlik en die nuut gebore ideologie sal dit nie verander nie. Onse verstandjies is nog heeltemal te klein om te weet. Ons egos is egter oneindig groot. Selfs oom Newton se wette is slegs ‘n proksie vir die waarheid , self is dit nie die waarheid nie.

No comments: