Thursday, February 22, 2007

OPLEIDING - SETA BLUES

Daar was onlangs twee berigte in die media wat oor die SETA's gehandel het en beide regverdig kommentaar.

Op 14 Februarie berig Jan-Jan Joubert in die Burger as volg: "Die regering is bekommerd dat die konsep van leerderskappe misverstaan is as dat dit die ou vorm van vakleerlingskap vervang . . .". Geagte regering, julle boodskappe is baie duidelik en ek verstaan nie hoekom ek so verkeerd verstaan nie. Dit is seker ook maar dieselfde as die ‘Aids ding' en die ‘Crime ding' wat die prez stom geslaan het oor ons gekla aangesien hy dit nie sien, hoor of voel nie. Natuurlik het die prez homself weer en weer weerspreek maar hy noem die dubbelpratery goeie politiek.

Al wat ek wil ophaal is dit: op 27 - 29 September 2006 doen ek my modereringskursus. Die dame wat fasiliteer was baie duidelik dat onder die vorige bestel ons nie mense in ‘skills' opgelei het nie en daarom is daar ‘n tekort aan ambagsmense. Wel, klink my weleer se vakopleiding is nie net as irrelevant afgemaak nie maar weg gewens ook. Self het ek niks geseg nie omdat ek alreeds te veel ‘strikes' teen my gehad het - selfs die boere tannie af George met die ANC plakker ,was al vir my kwaad. Daar sit toe wel ‘n vakmens van daai-se-tyd in die groep, maar die het die heeltyd stille diplomasie gehandaaf.

Op 18 Februarie berig Chiara Carter met betrekking tot die Fidentia fiasko as volg in die Sunday Independent: ". . .sagas of alleged malpractice at some Setas have attracted attention from top levels of government." Ek kan die beleid- en wetmakers van die land die versekering gee dat die helfte hulle nie vertel word nie. So byvoorbeeld:
1. Ek het reeds gedurende Februarie 2006 my assessorsertifikaat van die ETDP-seta by die Services-seta ingehandig vir akkreditasie. Dit is nou ‘n jaar later en nog is dit nie afgehandel nie. Ene Mr Winter reageer op elke navraag deur iets te vra wat hy reeds het. Gaan ek my modereringsertifikaat ook nou aanbied vir akkreditasie? Nee. Daar is kamstig ‘n tekort aan assessors en modereerders en dit is hoekom ek gevra was om dit te doen - Services het daarvoor betaal. Maar voor daar ‘n herhaling is van die nonsens gooi ek liewer ‘government' se geld in die water.
2. Al ooit onderneem om die proses te deurloop deur ‘n opleidingsentiteit te laat akkrediteer by die Services-seta, of ‘n opleidingsprogram? Van die jaar lange frustasie onthou ek veral die woorde van ‘n personeellid wat toe nog in Bellville se kantoor was: "Sir, that is not my job". Nie net eenkeer nie, en elke keer was my vraag: " So, who's job is it then?" Die antwoord is klassiek: "I don't know". Om op te maak vir die onkunde word daar darem elke keer ‘n 90 bladsy dokument van prosedures aan my ge-e-mail.
3. Let wel, ons het akkreditasie gekry maar tot vandag toe het niemand in die inhoud van die kursus wat ons aanbied belang gestel nie.
4. Vra ek eendag iemand wat intensief betrokke was by die instelling van die hele opleidingsbesigheid, waarom die opleidingsmateriaal waarmee ek te doen kry van so ‘n swak gehalte is. Seg die man: "Dit was so ‘n gejaag om die organisasie agtermekaar te kry dat daar nie tyd was om na die kwaliteit van die opleidingsmateriaal te kyk nie". Hulle vertrou dat as jy op skrif sit dit is "ge-align" dan is dit reg. In jou drome! Seg die man hy moet erken hy het ook net goed saam geflans.

Feite
1. Meeste materiaal wat die "FET" kolleges gebruik is slegs in naam "ge-align".
2. Die "FET" kolleges (meervoud) waarby ek insae het is ‘n organisatoriese en akademiese gemors ten spyte van berge "red tape" waarmee die setas hulle "QMS" beheer.
3. Uitkoms-gebaseerde-onderwys is nie ‘n ANC ding nie.. Lees gerus JS Barnard se "Sielkunde vir Onderwysstudente" (1972). Die ANC het vir mooi woorde en goeie opvoedingsbeginsels geval. Om mee te begin het ons nie die hulpbronne wat nodig is om so ‘n intensiewe sisteem te bedryf nie, maar dit is die politieke speletjies en Seta- burokratisering wat besig is om die hele ding te laat inplof. Meeste stry nog, maar die fondasie sak al klaar.

2 comments:

Anonymous said...

greetings moralconscious.blogspot.com owner discovered your blog via Google but it was hard to find and I see you could have more visitors because there are not so many comments yet. I have discovered site which offer to dramatically increase traffic to your blog http://traffic-for-your-website.com they claim they managed to get close to 4000 visitors/day using their services you could also get lot more targeted traffic from search engines as you have now. I used their services and got significantly more visitors to my website. Hope this helps :) They offer best services to increase website traffic at this website http://traffic-for-your-website.com
To your success James

Anonymous said...

After getting more than 10000 visitors/day to my website I thought your moralconscious.blogspot.com website also need unstoppable flow of traffic...

Use this BRAND NEW software and get all the traffic for your website you will ever need ...

= = > > http://get-massive-autopilot-traffic.com

In testing phase it generated 867,981 visitors and $540,340.

Then another $86,299.13 in 90 days to be exact. That's $958.88 a
day!!

And all it took was 10 minutes to set up and run.

But how does it work??

You just configure the system, click the mouse button a few
times, activate the software, copy and paste a few links and
you're done!!

Click the link BELOW as you're about to witness a software that
could be a MAJOR turning point to your success.

= = > > http://get-massive-autopilot-traffic.com